top of page

WAAR KOM SEESTER VANDAAN

Die Seester konsep het sy oorsprong gehad in die storie van ‘n man wat op ‘n strand gaan stap het.  Op die strand het daar honderde seesterre gelê wat uitgespoel het en daar was ‘n man wat besig was om die seesterre terug te gooi.  Die man wat op die strand gaan stap het, het vir die ander man gesê dat hy sy tyd mors aangesien daar net te veel seesterre uitgespoel het.  Die man het egter net voortgegaan en nog ’n seester teruggegooi, waarna hy gesê het:

“Ek het ‘n verskil aan daardie een gemaak!”

Rick Warren sê in sy boek, ‘”n Doelgedrewe lewe”, dat ons 5 doelwitte op aarde het:

Verheerliking:

Aanbid & verheerlik die Here Jesus

Sorg (gemeenskap):

Neem deel aan en wees deel van die gemeenskap van die gelowiges

Groei (Dissipelskap):

Word geestelik volwasse, m.a.w. groei in die geloof.

Dien (Bediening):

Gebruik jou gawes & talente tot eer van die Here

Vertel (Evangelisasie):

Vertel ander van die Here

SeesterGemeente_Embroidery-03_edited.png
  • Wix Facebook page
  • Twitter Classic
  • YouTube Social  Icon
SeesterGemeente_Logo_Hor-FullColour_rgb-
bottom of page